Sport
Massadeelname word by De Hoop aangemoedig, want ons glo dat elke leerder ‘n gebalanseerde lewe moet lei.
De Hoop het ongeveer 73 hokkiespanne vanaf o. 7 tot o. 13. Ons fokus op massa-deelname vir alle ouderdomme. Ons beskik oor toegewyde afrigters en hul harde werk word jaarliks beloon met spelers wat in provinsiale spanne in die Westelike Provinsie opgeneem word.
De Hoop moedig graag ons leerders aan om deel te neem aan landloop. Ons afrigters is bekwaam en kan beginners tot provinsiale atlete afrig.
De Hoop lewer jaarliks streekspelers op o. 11 sowel as o. 13-vlak. Ons spog met pragtige velde wat toelaat dat ons dag- en aand wedstryde kan speel. Die krieketkultuur word vroeg reeds gevestig. Vanaf o. 9 word reeds hardebalkrieket gespeel.
Skaak word deur alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 geniet. Daar heers ‘n aangename atmosfeer van leer en geniet tydens die afrigtingssessies. Ons beskik oor hoogs gekwalifiseerde afrigters wat die kinders weekliks met passie aanmoedig om hul vaardighede te verbeter. De Hoop se skaakspanne is welbekend by ander skole in die Westelike Provinsie.
Leerders by De Hoop neem graag deel aan atletiek. Daar word jaarliks aan ‘n groot verskeidenheid byeenkomte deelgeneem en ons is trots op die provinsiale atlete wat telkens opgelewer word.
De Hoop beskik oor ‘n pragtige swembad waar leerders hul passie vir swem kan uitleef. Ons streef daarna om deurentyd ‘n liefde vir swem as ‘n sport te kweek en leerders aan te moedig om tot die beste van hul vermoë te presteer. Ons neem deel aan verskeie swemgalas in die Westelike Provinsie en Helderbergkom.
Al ons dogters kan by die skool aan netbal deelneem. Ons oogmerk is nie net vaardighede en tegnieke op die baan nie, maar ook etiese en regverdige spel. Ons spanne word afgerig deur gekwalifiseerde afrigters en hulpafrigters wat hoë standaarde verseker. Bowenal wil ons graag hê ons dogters moet dié gewilde sport geniet, en ook ‘n liefde daarvoor ontwikkel.
By De Hoop bied ons aan al die seuns die geleentheid om rugby te speel en dit te geniet. Ons fokus op gespesialiseerde afrigting en streef na goeie, gesonde en kompeterende mededinging. Reeds vanaf o. 7-vlak poog ons om die korrekte vaardighede en tegnieke vas te lê en deurentyd ‘n liefde vir die sport te kweek sodat die spelers kan uiting gee aan hul passie.
Die pragtige tennisbane van Laerskool De Hoop kyk uit oor die berge en die see. Elke leerder van graad 2 tot 7 word die geleentheid gebied om hul passie in tennis uit te leef. Ons spelers kry die geleentheid om teen ‘n groot verskeidenheid skole in die omgewing mee te ding. Daar word ook jaarliks getoer, onder andere na Sun City waar ons al vele male toernooie gewen het of onder die top skole in die land geëindig het.
Binnenshuise hokkie is ‘n pret item wat slegs vir graad 6 en 7 hokkiespelers aangebied word. Omdat ons nie self beskik oor die fasilitiete om massadeelname in dié sport te kan akkommodeer nie, is ons ongelukkig beperk met slegs ‘n seuns- en dogters A-span wat jaarliks in die Helderberg Liga ingeskryf word. Die hoogtepunt van hierdie liga is die finale wat in die eerste kwartaal van elke jaar plassvind.
Ons is baie trots op die provinsiale en nasionale kampioene wat gereeld deur ons skool opgelewer word.
Om meer van ons skool te sien en iets te ervaar van ons daaglikse aktiwiteite, besoek gerus ons Facebookblad op hierdie skakel: