Leierskap

Ons leerderraad- en monitorstelsels is uniek. Die hele graad 7-groep word betrek om op verskeie terreine leiers te wees. Ons onderskei tussen:

  • Die Leerderraad – 24 leerders bestaande uit 12 seuns en 12 dogters wat uit beide die Afrikaans- en Engelse klasse verkies moet word, en is dus verteenwoordigend van beide huistale.
  • Klasverteenwoordigers – ses leerders per kwartaal: een uit elke klas. Klasverteenwoordigers word ook deur die leerders self verkies, en mag nie reeds op die leerderraad dien nie.
  • Monitors – verskeie take en afdelings: die hele res van die gr. 7-groep.
    • Monitors word aangewys uit die res van die gr. 7-groep, en elkeen het die geleentheid om sy of haar leierskap- en ander vaardighede uit te leef in die betrokke monitorgroep. Hierdie groepe sluit in byvoorbeeld:
      • Admin
      • Biblioteek
      • Fotograwe
      • Tegnies
      • Grondslagfase
      • Joernaliste
      • Noodhulp
      • Sport
      • Nasorg
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X