Oorsig
Ons skool het sekerlik een van die mooiste uitsigte in die land: die manjifieke Hottentots-Hollandberge aan die een kant en die pragtige Atlantiese Oseaan en Valsbaai aan die ander kant.
Die grond waarop Laerskool De Hoop gebou is, was eers ‘n plaas met die naam, De Hoop. Dit was deel van die historiese plaas Parel Vallei, wat aan WA van der Stel behoort het. Vandaar natuurlik die naam van ons skool.
Laerskool De Hoop het in 1970 vir die eerste keer sy deure geopen met 320 leerders en 12 onderwysers, wat ‘n musiekonderwyser ingesluit het.
Sedertdien was daar vier skoolhoofde: mnr PH Boshoff, mnr P Combrinck, mnr Wynand Cillié en ons huidige skoolhoof, mnr Cobus van Coller.
Ons Skoolwapen en Leuse
Die skip op ons kenteken is ‘n simbool van die ontdekking van nuwe horisonne, terwyl die sterre dui op ideale wat deur geloof bereik kan word.
Die leuse, Constantia et Perseverantia, beteken om aan te hou probeer totdat jy suksesvol is. Dit herinner ons aan die harde werk en deursettingsvermoë, wat ontdekkingsreisigers in die verlede in staat gestel het om hul doelwitte te bereik, en wat ons leerders in die toekoms ook sal inspireer.
Skoollied
We have a view of False Bay
From where the waves resound
And the past reveals its glory
Of old sail ships duty bound.
Determined as those seamen
We will build our future, too,
Loyal to our God and country
And to all our people true.
Want “Volharding” is die leuse
Wat ons op ons vaandel lees;
Dis die kenmerk van ons strewe
Van ons skool, De Hoop, se gees!
Hoor die boodskap van die golwe:
Werk met hart en hand, De Hoop!
Hoor die wekroep van die kruine:
Kom volhard, De Hoop, De Hoop!