Ander Aktiwiteite, Uitstappies en Kampe

Elke tweede Vrydag kan ons jong entrepreneurs hulle besigheidsvernuf op proef stel by die verkopings wat tydens eerste pouse plaasvind.
Ons gr. 5- tot gr. 7-leerders wat belangstel in fotografie word die geleentheid gebied om aan ons baie gewilde fotografieklub te behoort. Verskillende temas word deur die jaar vir die leerders aangebied waartydens ons voornemende fotograwe deur ervare fotograwe touwys gemaak word in die basiese beginsels van fotografie.

Twee tot drie sessies word gedurende ‘n kwartaal aangebied deur bekwame fotograwe wat leiding neem met verskillende temas. Dit geskied op Vrydagmiddae direk na skool, en elke sessie is gewoonlik ‘n uur lank. Een maal per kwartaal word die leerders ook genooi na ‘n langer praktiese werksessie met ‘n benadering van: “kom doen dit self met jou eie kamera”.

‘n Fotografiekamp word ook deur die loop van die jaar spesiaal vir ons gr. 7-klublede aangebied. Fynere tegnieke word tydens die kamp gedemonstreer en geoefen. Ons hoogtepunt is die jaarlikse uitstalling waar die leerders dan kan spog met hulle pragwerk wat deur die jaar gedoen is.
Een van die lekkerste aspekte van ons laerskooljare is die uitstappies en skoolkampe wat gereël word. Die doel hiervan is om die klaskamer met die natuur te integreer, om te leer om as deel van ‘n groep te funksioneer en om leierseienskappe te ontwikkel. Die bywoning van die Omgewingsklub is ‘n gewilde aktiwiteit by De Hoop. Hierdie klub is die ideale plek vir avontuurlustige seuns en dogters om onder goeie toesig van ons opvoeders die buitelewe te geniet en te leer ken.
Om meer van ons skool te sien en iets te ervaar van ons daaglikse aktiwiteite, besoek gerus ons Facebookblad op hierdie skakel:
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X