Missie en Visie
Dit is die visie van Laerskool De Hoop om ‘n instelling van hoë akademiese, sport- en kultuur- standaarde te wees sodat al die leerders aan die hand van waardegedrewe beginsels die geleentheid het om hul volle potensiaal te ontwikkel. In ons strewe om die doel te bereik, is dit ons missie om:
- die ouers as ‘n integrale deel van die opvoedingsproses te erken;
- hoë akademiese, sport- en kultuurstandaarde te handhaaf deur doeltreffende onderrig en afrigting;
- elke leerder se uniekheid in ag te neem en individuele ontwikkeling aan te moedig;
- selfrespek en dissipline in te skerp by leerders, asook ‘n gesonde aanvaarding van gesag en dissipline by die skool, huis en in die gemeenskap;
- ‘n positiewe selfbeeld te ontwikkel met waardering en respek vir ander.
A teacher affects eternity; he can never tell where his influence stops.