Informele Wintersdrag (Seuns& Dogters):

  • Winterbaadjie of skoolsweetpak-baadjie
  • Skoolsweetpak-broek
  • De Hoop gholfhemp
    • lang/kort moue word toegelaat
    • hemde moet ten alle tye ingesteek wees
  • Kort wit sokkies
    • geen “secret socks”
    • Sokkies moet bo die enkel en omgevou wees.
    • Sokkies met embleme/handelsmerke word nie toegelaat nie
  • Wit tekkies met blou of swart insetsels
    • Die dra van tekkies is opsioneel in die somer

Informele Somersdrag vir Seuns:

  • Winterbaadjie of skoolsweetpak-baadjie
  • Vlootblou geborduurde kortbroek
  • De Hoop gholfhemp
    • lang/kort moue word toegelaat
    • hemde moet ten alle tye ingesteek wees
  • Kort wit sokkies
    • geen “secret socks”
    • Sokkies moet bo die enkel en omgevou wees.
    • Sokkies met embleme/handelsmerke word nie toegelaat nie
  • Wit tekkies met blou of swart insetsels
    • Die dra van tekkies is opsioneel in die somer


Informele Somersdrag vir Dogters:

  • Winterbaadjie of skoolsweetpak-baadjie - nie korter as 4 vingers bokant die knie nie
  • Vlootblou broekrompie
  • De Hoop gholfhemp 
    • lang/kort moue word toegelaat 
    • hemde moet ten alle tye ingesteek wees 
  • Kort wit sokkies 
    • geen “secret socks”
    • Sokkies moet bo die enkel en omgevou wees. 
    • Sokkies met embleme/handelsmerke word nie toegelaat nie 
  • Wit tekkies met blou of swart insetsels 
    • Die dra van tekkies is opsioneel in die somer

Formele Skooldrag vir Seuns (Winter & somer):

  • Sweetpak- of winterbaadjie
  • Skooltrui
    • Skooltruie word slegs saam met formeledrag of onder ‘n sweetpak- of winterbaadjie toegelaat
  • Formele wit hemp
    • Slegs kortmoue in die somer
    • Hemde moet ten alle tye ingesteek wees
  • Grys broek
    • kort- of langbroeke word in die somer toegelaat
    • slegs langbroeke in die winter
  • Lang grys kouse (tot by die knie)
  • Swart toerygskoene
  • Vlootblou serp (opsioneel)

Formele Skooldrag vir Dogters (Winter & somer):

  • Sweetpak- of winterbaadjie 
  • Skooltrui 
    • Skooltruie word slegs saam met formeledrag of onder ‘n sweetpak- of winterbaadjie toegelaat 
  • Formele wit hemp 
    • Slegs kortmoue in die somer
    • Hemde moet ten alle tye ingesteek wees 
  •  Formele vlootblou romp 
    • nie korter as 4 vingers bokant die knie nie
    • Rompe mag nie omgerol word nie
  • Vlootblou broekie
  • Wit kouse of vlootblou broekiekouse.
    • Geen lere of gate in kouse nie
  • Swart skoolskoene (T-balkie of toeryg tipe)
  • Vlootblou serp (opsioneel)

Sportdrag vir Seuns:

  • Tennis: vlootblou broek, gholfhemp, wit sokkies, tennisskoene en blou De Hoop pet
  • Krieket: vlootblou broek, gholfhemp, wit krieketsokkies, wit tekkies en blou De Hoop pet of wit kriekethoed
  • Swem: vlootblou De Hoop swembroek en De Hoop pet
  • Atletiek: vlootblou broek en atletiekfrokkie
  • Rugby: vlootblou broek en rugbytrui
  • Hokkie: vlootblou broek, gholfhemp, hokkiesokkies en tekkies
  • Liggaamlike opvoeding: enige van bogenoemde sportklere of enige een van die drie huishempies
  • Landloop: vlootblou broek en atletiekfrokkie
  • Skaak: skoolklere

Sportdrag vir Dogters:

  • Tennis: vlootblou broekrompie, sporthemp, wit sokkies, tennisskoene en blou De Hoop pet
  • Swem: vlootblou De Hoop swembroek en De Hoop pet
  • Atletiek: vlootblou broekrompie en atletiekfrokkie
  • Netbal: vlootblou broekrompie, gholfhemp, kort wit sokkies en tekkies
  • Hokkie: vlootblou broekrompie, gholfhemp, hokkiesokkies en tekkies
  • Liggaamlike opvoeding: enige van bogenoemde sportklere of enige een van die drie huishempies
  • Landloop: vlootblou broekrompie en atletiekfrokkie
  • Skaak: skoolklere

Hare Dogters

  • Kort hare wat die kraag raak moet vasgebind word.
  • Kuif mag nie wenkbroue raak nie. Dit moet korter wees.
  • Lang hare moet te alle tye netjies vasgebind word.
  • Geen hare mag los langs die ore hang nie. Dit moet netjies met knippies vasgesteek word.
  • Slegs vlootblou of wit haar-toebehore mag gebruik word.
  • Geen mode haarstyle is aanvaarbaar nie.
  • “Alice bands” mag nie breër as 3 cm wees nie. Dit mag slegs vlootblou of wit wees.
  • Rekbare kopbande word toegelaat.
  • Etniese hairstyle meet veelvuldige vlegsels moet netjies agter die nek vasgemaak word.
  • Geen mode-tipe haarknippies (glinsterend, helderkleurig ens.) word toegelaat nie.
  • Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. Geen onnatuurlike strepe word toegelaat nie. Hare mag dus nie gekleur of gebleik wees nie.

Hare Seuns

  • Hare moet kort en netjies geknip wees.
  • Die gedeelte om die ore moet skoongeknip wees. Hare mag nie aan die ore raak wanneer die hare regaf gekam word nie.
  • Wanneer die hare afgekam word, mag dit nie die wenkbroue raak nie. 2 vingers bo wenkbroue
  • Wangbaard (“sideburns”) kan tot by die middel van die oor strek.
  • Hare moet agter reëlmatig opgesny word.
  • Hare mag nie uitermate van die kop wegstaan nie.
  • Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie.
  • Haarstyle wat onder uitgeskeer of -geknip word, oftewel “undercuts”, is verbode.
  • Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. Geen onnatuurlike strepe word toegelaat nie. Hare mag dus nie gekleur of gebleik wees nie.
  • Geen haarstileermiddels mag gebruik word nie

Juwele

  • Geen juwele, soos ringe, armbande (rekkies óf leer) of kettings, word toegelaat nie.
  • Slegs polshorlosies word toegelaat.
  • Die dra van liggaamsjuwele, soos neus-, tong- en wenkbroujuwele, is verbode.
  • Oorringe word slegs vir dogter toegelaat
    • slegs een goue of silwer knoppie of standaard- goue of silwer ringetjie per oor gedra word, en wel in die onderste gaatjie indien daar meer as een is.
    • Geen steentjies van enige aard word toegelaat nie.
  • Geen skryf op arms of bene word toegelaat nie.

Naels

  • Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
  • Geen naellak mag gedra word nie.

Grimering

  • Geen maskara, oogomlyner of blosser word toegelaat nie.