'n Kort Geskiedenis

Ons skool het die beste uitsig in die land: die manjifieke Hottentots Holland Berge aan die eenkant, en die pragtige Atlantiese Oseaan en Valsbaai aan die anderkant.

De Hoop is in 1970 geopen en is vernoem na die plaas waarop ons staan. 

Hierdie grond was weer deel van die geskiedkundige plaas, "Parel Vallei", wat aan WA van der Stel behoort het.

De Hoop het begin met 320 kinders en 12 onderwysers, wat 'n musiekonderwyser ingesluit het. 

Daar was al drie skoolhoofde: Mnr PH Boshoff, Mnr P Combrinck en ons huidige hoof, Mnr Wynand Cillié.

 

Ons wapen en leuse

Die seilskip op ons skoolwapen is 'n simbool van die ontdekking van nuwe horisonne en die sterre dui op ideale wat deur geloof bereik kan word .

Die leuse, Constantia et Perseverantia, beteken om aan te hou en uit te hou tot die einde. 

Dit wys na die ontdekkers se inspanning en volharding wat hulle in staat gestel het om hul doelwitte te bereik.

 

Fasiliteite

Ons het 'n uitstekende nasorgfasiliteit waar voltydse personeel omsien na huiswerk en ontspanning vir kinders wie se ouers voldag werk.

Ons klerewinkel binne die skoolgebou maak dit baie maklik vir ons om die nodige skool- en sportklere aan te skaf, terwyl ons snoepwinkel altyd regstaan met iets te ete vir dié van ons wat ons kosblikke by die huis vergeet het!

  

WORD DEEL VAN ONS!

Laerskool De Hoop is ongetwyfeld 'n plek waar elkeen van ons ons volle potensiaal kan ontwikkel in 'n omgewing van liefde, ondersteuning en Christelike beginsels.

En onthou: Jonk of oud, klein of groot, hier is pret vir almal, en een ding staan vas,

 
 De Hoop gee om VIR JOU!!