'n Kort Geskiedenis

Ons skool het die beste uitsig in die land: die manjifieke Hottentots Holland Berge aan die eenkant, en die pragtige Atlantiese Oseaan en Valsbaai aan die anderkant.

De Hoop is in 1970 geopen en is vernoem na die plaas waarop ons staan. 

Hierdie grond was weer deel van die geskiedkundige plaas, "Parel Vallei", wat aan WA van der Stel behoort het.

De Hoop het begin met 320 kinders en 12 onderwysers, wat 'n musiekonderwyser ingesluit het. 

Daar was al drie skoolhoofde: Mnr PH Boshoff, Mnr P Combrinck en ons huidige hoof, Mnr Wynand Cillié.

 

Ons wapen en leuse

Die seilskip op ons skoolwapen is 'n simbool van die ontdekking van nuwe horisonne en die sterre dui op ideale wat deur geloof bereik kan word .

Die leuse, Constantia et Perseverantia, beteken om aan te hou en uit te hou tot die einde. 

Dit wys na die ontdekkers se inspanning en volharding wat hulle in staat gestel het om hul doelwitte te bereik.

 

Fasiliteite

Ons het 'n uitstekende nasorgfasiliteit waar voltydse personeel omsien na huiswerk en ontspanning vir kinders wie se ouers voldag werk.

Ons klerewinkel binne die skoolgebou maak dit baie maklik vir ons om die nodige skool- en sportklere aan te skaf, terwyl ons snoepwinkel altyd regstaan met iets te ete vir dié van ons wat ons kosblikke by die huis vergeet het!

  

WORD DEEL VAN ONS!

Laerskool De Hoop is ongetwyfeld 'n plek waar elkeen van ons ons volle potensiaal kan ontwikkel in 'n omgewing van liefde, ondersteuning en Christelike beginsels.

En onthou: Jonk of oud, klein of groot, hier is pret vir almal, en een ding staan vas,

 
 De Hoop gee om VIR JOU!!

We have a view of False Bay
From where the waves resound
And the past reveals its glory
Of old sail-ships duty bound.

Determined as those seamen
We build our future, too,
Loyal to our God and country
And to all our people true.

Want “Volharding” is die leuse
Wat ons op ons vaandel lees;
Dis die kenmerk van ons strewe
Van ons skool De Hoop se gees!

Hoor die boodskap van die golwe:
Werk met hart en hand, De Hoop!
Hoor die wekroep van die kruine:

Kom volhard, De Hoop, De Hoop! 

 

 

Skool begin om 07:45 daagliks.  


Hiermee die sluitingstye:

Gr 1 en 2: 

Maandag tot Donderdag om 13:20

  • Vrydag om 12:30
Gr 3:
  • Maandag tot Woensdag om 14:20,
  • Donderdag om 13:20
  • Vrydag om 12:30

(m.a.w. Maandag tot Woensdag saam met SP en Donderdag en Vrydag saam met GF)
Gr 4 - 7: 
  • Maandag tot Donderdag om 14:20
  • Vrydag om 13:30