De Hoop is verlede week deur ons Onderwysdistrik vereer met sertifikate en toekennings vir die uitslae wat ons 2017 Gr 3 en Gr 6 leerders behaal het in die jaarlikse Sistemiese evaluering vir Taal en Wiskunde vaardighede.

Ons het toekennings in die volgende kategorieë ontvang:

  • Gr 3: Deurlopende slaagsyfer van 80% en hoër vir die afgelope 3 jaar (2015 – 2017) in Wiskunde;
  • Gr 3: Deurlopende slaagsyfer van 80% en hoër vir die afgelope 3 jaar (2015 – 2017) in Tale;
  • Gr 6: Deurlopende slaagsyfer van 80% en hoër vir die afgelope 3 jaar (2015 – 2017) in Wiskunde;
  • Gr 6: Deurlopende slaagsyfer van 80% en hoër vir die afgelope 3 jaar (2015 – 2017) in Tale.

Baie geluk aan ons leerders en opvoeders met hierdie pragtige toekennings.

Ons is ook uitgenooi na die Provinsiale toekenningsaand wat volgende week plaasvind. Ons hou u op hoogte