Laerskool De Hoop se atlete presteer!

Na ‘n lang, lekker en opgewekte seisoen vol atletiekbyeenkomste is dit vir ons ‘n groot eer en trots dat dertien van ons atlete deurgedring het na die WP kampioenskappe wat gehou was op 24 Februarie.

Na afloop van hierdie byeenkoms was die nuus verblydend dat ses van hierdie atlete in die WPatletiekspanopgeneem is.

Baie geluk aan die volgende atlete: Mila Ueckermann:

  • Gewigstoot dogters o/10.
  • Ryan Swanepoel: 1200 m Seuns o/11
  • Johané van Blerk: 1200m Dogters o/11
  • Louw du Toit: Spiesgooi Seuns o/13
  • Elrina Greyling: Hoogspring Dogters o/13
  • Anja Labuschagne: 200m Dogters o/13

Die Wes-Kaap byeenkoms was gehou die afgelope naweek en die volgende atlete dring dan deur om aan die SA-byeenkoms deel te neem wat by Dal Josafat stadion in Paarl sal plaasvind op 16 en 17 Maart 2018:

  • Mila Ueckermann
  • Johané van Blerk
  • Ryan Swanepoel

Ons beste wense vergesel jul! Maak ons trots.

Ons wil graag elke afrigter en betrokke ouer bedank.

De Hoop atletiek met trots geborg deur: NASHUA WINELANDS