Charles Whitehead (Gr 3A4) en Johann Heunis (Gr 3A2) het Sondag 8 Oktober in Johannesburg aan die SA Skole Advanced Kampioenskappe deelgeneem.  

Charles wen ‘n silwer medalje en Johann ‘n brons medalje in die seuns 9 jaar oud - 34kg klas.  Laerskool De Hoop en die CTJA (Cape Town Judo Association) distrik kry 2 van die 3 plekke op dieselfde podium.  Sowaar ‘n besonderse prestasie!

Baie geluk!  Ons is trots op julle.