Hier by De Hoop word ons van kleins af geleer om bewus te raak van die mense in ons gemeenskap. Ons het gewoonlik 'n Omgeeweek waartydens die hele skool uitreik na gestremdes, bejaardes en minderbevoorregtes in ons omgewing. Ons is ook voortdurend betrokke by gemeenskapsprojekte en uitreike. Behalwe omgee, leer ons ook die betekenis van ander belangrike waardes soos verantwoordelikheid, respek, goeie burgerskap en regverdigheid.

Ons ouers is waardevolle vennote in ons skoolopvoeding. Hulle is die dryfkrag agter fondsinsamelingsprojekte en hulle sorg voortdurend vir lekker verrassings soos speletjiesmiddae, kompetisies, gholfdae en sosiale funksies.