Elke tweede Vrydag kan ons jong entrepreneurs hulle besigheidsvernuf op proef stel by die verkopings wat tydens eerste pouse plaasvind.

Een van die lekkerste dele van ons laerskooljare is die uitstappies en skoolkampe wat ons gereeld bywoon. Die doel hiervan is 

om die klaskamer met die natuur te integreer, om as deel van 'n groep te funksioneer en om leierseienskappe te ontwikkel.

Die Omgewingsklub is 'n gewilde aktiwiteit by De Hoop. Hierdie klub is die ideale plek vir avontuurlustige seuns en dogters om onder goeie toesig van ons opvoeders die buitelewe te geniet en leer ken.