Ons werk hard en leer lekker by De Hoop! Ons standaarde is baie hoog en ons volg die nuutste kurrikulum. Vir meer inligting oor ons hoë standaard en prestasies kliek gerus op die "Nuutste Prestasies" bladsy in die kieslys (Menu).

In die mediasentrum kan ons gebruik maak van al die boeke en rekenaars vir ons navorsingstake. Ons ontwikkel ook vaardighede om inligting te versamel,te verwerk en aan te bied.

 

Ons het 'n goed toegeruste, moderne rekenaarsentrum wat deur 'n professionele persoon bestuur word. Dit verseker dat ons byhou by die vinnig veranderende rekenaartegnologie.